Die Golwe

ebook

By Jen Minkman

cover image of Die Golwe

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het.

Ek sit op sy knie en kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal."

"Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig.

Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom."

Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel.

"Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet.

"Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie."

Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak.

Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel.

Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!

Die Golwe