Karnaval en lent

ebook

By T.T. Cloete

cover image of Karnaval en lent

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper én medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier én die oorweldigende kosmos. Filosofies en literêr is dit 'n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit wat bekyk word. Maar benewens hierdie vereenselwiging of éénwording, gee die titel reeds 'n aanduiding dat dit eintlik in hierdie bundel gaan oor twee uiterstes wat teenoor mekaar gestel word: fees teenoor vastyd, uitleef teenoor inkeer, oordaad teenoor tekort. Die oordadige, oftewel die karnavaleske, staan in spanning met Lent, oftewel die kentering en die wegkeer van die wêreldse. Die digter kyk enersyds na die wêreld van uiterstes en verwording wat ons beleef, en andersyds na die rituele, die feestelikhede wat ons verbind, nes die vastyd ons bind. Die kenmerk van die digterlike metafoor is immers die vermoë daarvan om uiterstes te verbind, soos die uiterstes van vernietiging en herlewing. Hiervan getuig TT Cloete se digkuns by uitstek, en daarom bly dit immer kragtig en nuut.
Karnaval en lent