Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.
Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Loading... |
Soos die draad van die menslike lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, só verloop hierdie debuutdigbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor die mediese professie tot by die punt waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies.
Die wêreld van die geneeskunde word ryklik ontgin met gedigte wat strek van die toediening van narkose tot orgaanoorplantings. By uitnemendheid is die gedigte in Atropos noukeurige waarnemings van die natuurlike en die menslike kondisie.
Hierdie is die gedigte van 'n fyn stilis, gekenmerk deur die vernuftige interaksie tussen betekenis en klank. "Daar is geen twyfel oor die hoë standaard van hierdie bundel nie; 'n ware vonds vir die Afrikaanse digkuns." - Henning Snyman