Kind van die lig

ebook Waar nuwe lewe liefde bring

By Helena Hugo

cover image of Kind van die lig

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Vita Sharp se lewe is in chaos gedompel. Haar man, Robert, het dit laat lyk asof hy dood is om uit sy finansiƫle verknorsing te kom. Maar die polisie vind gou uit dat hy nog leef en nou sit hy wie weet waar en sy moet maak of sy nie weet wat aangaan nie. Siek van angs voer sy sy opdragte uit en verwag hom om elke hoek en draai. Robert het die mag in sy hande, hy pers haar af met 'n aaklige fout uit haar verlede wat haar soos 'n nagmerrie agtervolg en wat sy nie kan uitwis nie. Snags kruip Vita weg in haar werkskamer en kyk deur die venster na die vallei waar lig en duisternis hulle teen mekaar afspeel. Sy voel alleen en bang en kan met niemand praat nie. Selfs die Here is ver, so voel dit vir haar. Kind van die Lig is 'n verhaal van keuses wat mense teen wil en dank moet maak om te oorleef en die gevolge wat dit meebring, gevolge soos verlies en verlange, maar ook van liefde wat nuwe lewe kan bring.

Die gewilde karakters van Venster vir die Son is terug in 'n boek wat jy nie sal kan neersit as jy eers begin lees nie.

Kind van die lig