Arendsvlerke vir Siebert

ebook

By Elsa Winckler

cover image of Arendsvlerke vir Siebert

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my. Verder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie. Dis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om 'n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou's hy weg. Hoe bereken 'n mens so 'n verlies? Wanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy't maklik gelag ... en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed. Waar begin sy? Wat doen 'n mens? Dis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig. Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.
Arendsvlerke vir Siebert