Lokval

ebook

By Bettina Wyngaard

cover image of Lokval

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy 'n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy 'n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?

G'n wonder sy gaan tydelik terug polisie toe nie. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef.

Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hulle vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op 'n moordlys, so meedoënloos afgetik deur iemand met 'n koel kop en peperduur smaak in whisky?

Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander.

Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan.

Hulle opdrag is: vlek 'n internasionale sindikaat oop.

Daarom moet hulle 'n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?

Lokval